Visie en Missie
KHAIROS VISIE EN MISSIE:
Visie:
Khairos Privaatskool streef daarna om ‘n skool te wees wat gekenmerk word deur innovering, kreatiwiteit en hoë gehalte onderrig.
Leerders moet optimaal kan ontwikkel binne die veilige waardesisteem van Christelike norme gebasseer op die Bybel.
Missie:
Bogenoemde visie kan deur middel van die volgende missiestellings bereik word:
• Goed opgeleide, gebalanseerde onderwysers wat toegerus is met die nodige geestelike kwaliteite.
• Hoë akademiese standaarde en vaardigheidsontwikkeling wat leerlinge kan voorberei om tot kwaliteit landsburgers te ontwikkel.
• Om leerlinge te begelei dat hulle lewens sal kan getuig van ‘n persoonlike verhouding met hul Hemelse Vader.
• Om as vennote in die opvoedingsproses nou saam te werk met die ouers en gemeenskap tot voordeel van die leerlinge.
• Om ‘n klimaat te skep waar personeel en leerlinge geborge en gelukkig kan wees.
• Om ‘n gebalanseerde kultuur- en sportprogram daar te stel wat verder bydrae tot die totaliteitsontwikkeling van leerders. • Om waardes van netheid, dissipline en selfdissipline te vestig.
• Om die beeld van Khairos Privaatskool op so ‘n wyse uit te dra, dat die skool ook ‘n aanwins vir die gemeenskap sal wees.

Personeel