Welkom aan een en elke Khairos leerling en ouer!
Khairos is ‘n geregistreerde Christelike privaatskool waar onderrig in Afrikaans plaasvind. Ons is gelee in Duncanville Vereeniging.
Khairos bied onderrig vanaf Gr RR tot Gr 12.
Khairos Privaatskool is ‘n droom wat tot verwesenliking gekom het in Augustus 2011.
On streef daarna om ‘n Christelike omgewing te bied waar elke kind volgens sy of haar eie potentiaal kan ontwikkel en ons le klem op die ontwikkeling van persoonlike sterkpunte en gawes.
Ons beperk klas grotes tot ‘n maksimum van 14 leerders en vir die ontwikkelings fase (Gr R en RR ) slegs 10 leerders per klas.
Die klein klasse en individuele aandag, tesame met die toegewydheid van ons personeel, is ons resep tot suksesvolle onderrig.
Ons Matrieks skryf hulle NSC Eksamen deur SACAI en ontvang die NSC Sertifikaat deur UMALUSI soos die publieke skole.
KONTAK ONS
56 Senator Rood Str,
Duncanville, Vereeniging
Tel: 082 562 2371
epos: khairosps@gmail.com
Ure
Maandag— Vrydag : 8:00AM–14:00PM
Terugvoer vanaf ouers
Khairos Ouer
” Khairos is nie net nog ‘n skool nie. Hier kan my kinders nog opvoeding ontvang wat gebaseer is op Christelike waardes. Ek en my gesin is dankbaar om ‘n pad met Khairos te kan stap “
Khairos ouer
” Khairos is ‘n skool met waardes, onvoorwaardelike liefde vir ons kinders en onderwysers wat omgee.“
Khairos ouer
” Die plek waar my kind weer homself ontdek het en van binne na buite blom. Nou weet hy: Hy kan!“